Zuma se visier op die regstelsel

Nadat die storms rondom die staatskaping besig is om af te neem, is die ANC blykbaar nou van plan om die regstelsel te “kaap”.

Aanstelling van regters gaan aangepas word om te verseker dat die “regte” kandidate op die regsbank gaan sit. Weer eens moet betrokke wetgewing “herinterpreteer” word terwyl die wet anders toegepas moet word deur die Geregtelike Dienstekommissie. Die ANC is ook van mening dat regters “teen-revolusionêr” is.

Hewige kritiek is aan die opbou teen die planne. “Die ANS moet besef die regbank behoort nie aan hom nie, en die ANC se plan om nou ook die regbank radikaal te transformeer moet op elke wyse moontlik teengestaan word aangesien die regstelsel daar is om die burgers van die land te beskerm en nie om geplooi te word om die ANC ter wille te wees nie”, sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Justisie.

“Dit is duidelik dat die ANC nie daarvan hou dat die regbank hom tot verantwoording roep soos telkemale in die onlangse verlede gebeur het nie. Dit is die taak van die regbank om die Grondwet en die reg ter wille van alle landsburgers in stand te hou.  “Dit raak duidelik dat die ANC nie glo in die oppergesag van die reg nie, maar in die oppergesag van die ANC,” sê dr. Mulder.

Bron: Grondwetlike Hof


 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment